Amper D-dag vir Olimpiese gasheerstad

iokSaterdag breek die D-dag uiteindelik vir die drie kandidaatstede aan om die Olimpiese Spele van 2020 aan te bied, al moet die volgende Olimpiese Spele in Rio de Janeiro nog gehou word.

Die drie stede is Istanboel, Tokio en Madrid. Die besluit oor wie die vere sal moet begin regskud word Saterdag geneem terwyl die IOK sy 125ste kongres in Buenos Aires hou.

Hoewel al drie se kanse as baie gelykop, en die aanbiedings tot dusver van hoogstaande gehalte beskryf is, kyk die waarnemers en beroepswedders eerder na diskwalifiserende faktore as die pluspunte. Tokio loop ‘n kortkop voor by die beroepswedders, ongeag daarvan dat Japan nog met die nagevolge van 2011 se groot aardbewing en voortdurende lekkasie van radioaktiewe water uit die beskadigde kernaanleg by Fukushima te kampe het.

Turkye sal, as die keuse op Istanboel val, die eerste Moslemland wees wat die spele aanbied. Istanbloel kan ook die spele op twee kontinente weerskante van die Dardanelle aanbied. Die land, en Istanboel in die besonder, het egter onlangs met politieke onrus te kampe gehad. Turkye grens ook aan Sirië waar ‘n regionale oorlog al hoe waarskynliker word. Die 2020 spele val ook deels saam met die eeu-herdenking van die Armeense, Koerdiese en Assiriese volksmoorde aan die hand van die Turke wat in 2015 begin het.

Spanje spook met ‘n erge ekonomiese krisis, en die regerende party word ook deur ‘n korrupsieskandaal geteister. Madrid beskik egter reeds oor uitstekende sport-infrastruktuur.

Anders as in die verlede is die drie finaliste se aansprake so gelyk dat daar nie vooraf ‘n duidelike wenner is nie.

Dinsdag sal ook besluit word wie die Belg, Jacques Rogge, as hoofamptenaar van die IOK sal opvolg. Die gunsteling is die Duitser Thomas Bach.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Dankie tog Suid Aapland is nie een van die lande … anders is daar weer wit-Olifante gebou en n nuwe zumaville

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.