Amplats verloor R1.1 miljard weens staking

Die staking by Anglo American Platinum (Amplats) het die maatskappy sowat R1.1 miljard gekos.

“Anglo American Platinum bevestig dat die maatskappy weens die onwettige staking ‘n totale verlies in platinumvervaardiging van 67 000 onse (ter waarde van sowat R1.1 miljard) gely het,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. Die maatskappy se vermoë om platinumgroep-metale en basismetale te vervaardig is egter nie in dié stadium hierdeur beïnvloed nie. Chris Griffith, hoof uitvoerende beampte, het gesê die maatskappy oorweeg om loononderhandelinge te vervroeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.