ANC betoog voor EFF huis oorhandig

Foto: @ThulaniMsimang/Twitter

Foto: @ThulaniMsimang/Twitter

Honderde ANC-ondersteuners het Saterdag buite president Jacob Zuma se omstrede Nkandla-woning in KwaZulu-Natal betoog voor die oorhandiging van ʼn huis deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).

ʼn Groep polisiebeamptes het voor die huis, wat sowat 300m van Zuma se heining gebou is, wag gehou. Die polisie het ook sowat ʼn kilometer voor die huis ʼn padblokkade opgerig en alle voertuie wat daar verbyry deursoek. Sowat 70 polisiemotors, Njalas en ʼn helikopter is ook in die gebied opgemerk. Die EFF het die huis vir ʼn bejaarde vrou en haar kleinkinders gebou. ʼn Groep EFF-lede het vroeër afrondingswerk aan die huis se dak gedoen. ʼn Markiestent en stoele is langs die huis opgestel. Die ANC-lede het in die pad af betoog en gesing. Julius Malema, leier van die EFF, sal na verwagting later vandag die oorhandiging van die huis bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Slim stukkie politieke strategie. As ANC kla en keer lyk dit of hulle teen arem mense is. As hulle niks doen word Julius die filantroop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.