ANC ‘betreur’ Gaddafi se ‘grusame dood’

Die voormalige Libiese leier, Muammar Gaddafi. Foto: GCIS

Die ANC sê hy betreur die feit dat die konflik in Libië slegs tot ʼn einde kon kom met die “grusame dood” van Muammar Gaddafi.

ʼn Woordvoerder, Jackson Mthembu, sê die ANC is van mening dat indien die Afrika Unie se voorgestelde oplossing vir die konflik in Libië aanvaar is, dit nie nodig sou wees om Gaddafi dood te maak nie. “Ons is oortuig dat ʼn vreedsame benadering talle lewens in Libië kon red, indien dit ʼn kans gegee is”. Mthembu sê die mense van Libië het nou hulp nodig om die land te herbou na die verwoesting wat gedurende die konflik veroorsaak is. “Ons glo dat dié uitdaging sal vereis dat wêreldlande Libië ʼn kans sal moet gee om hulself te definieer as ‘n verenigde nasie…en ʼn regering te vorm wat al die Libiërs sal omhels, ongeag hulle posisie ten tyde van die konflik”. Mthembu het ook ʼn beroep gedoen op lande wat deel uitmaak van die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) om millitêre ingryping in Libië onmiddelik te staak. Gaddafi is Donderdag in sy tuisstad, Sirte, doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theo Prinse ·

Kadafi is sodomistisch vermoor – en die geile Moslems weet die rouklag ook by steniging (moord deur dood gooi van meisies met klippe) goed te onderdruk – om die Clinton clique en hul neger in die Wit Huis ‘n meerderheid in die Arabiese Liga te besorg.

Alkie ·

Die diktator het dit verdien, net soos baie ander Afrika leiers dit ook verdien. Hulle voel niks vir hul medemense nie, en is erger as roofdiere wanneer hulle moor!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.