Die ANC sê die jeugliga het die oproerige skare gemobiliseer en sal verantwoordelikheid moet neem vir die gepaardgaande geweld en kriminele elemente. Minstens een polisiebeampte en vyf joernaliste is beseer toe die skare met klippe en bottels op hulle losgebrand het. Die oproerige skare het T-hemde met president Jacob Zuma se gesig op aan die brand gesteek en asblikke omgekeer en aan die brand gesteek. Die ANC sê in sy verklaring hy wonder of die persone wat hulle aan onaanvaarbare gedrag skuldig maak, kwalifiseer om hulself lede van die ANC of sy jeugliga te noem. Die polisie het vroeër vanoggend met rubberkoeëls op die skare losgebrand.Die polisie moes ook van ʼn waterkanon en traangas gebruik maak om die skare onder beheer te probeer bring.
Indien Malema skuldig bevind word kan sy ANC-lidmaatskap vir tot vyf jaar opgeskort word en sal hy nie langer as jeugligaleier kan dien nie. Die jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, die liga se adjunk-president, Ronald Lamola, die liga se sekretaris-generaal, Sindiso Magaqa, sy adjunk, Kenetswe Mosenogi en die tesourier generaal, Pule Mabe, word saam met Malema aangekla. Die jeugliga het gesê dat hy ʼn span na Botswana sal stuur om regime verandering te weeg te bring. Die regerende party het woedend op die uitlatings reageer. Die jeugliga het om verskoning gevra vir die uitlatings en sy verklaring teruggetrek.
Dis wonderlike nuus! ‘n Geveg tussen die ANC en sy eie Jeug liga. Die ANC is nie ‘n vark wat haar eie kleintjies opvreet nie, as ek die hoof klein varkie kan aanhaal. Maar die ma vark moet pasop dat haar kleintjies nie aan haar begin eet nie. Of eintlik het hulle alreeds ‘n paar happe gevat. Ma vark bloei al. Sy moet nou net besluit wanneer sy hierdie gepeusel aan haar gaan stopsit! En wie weet – dalk moet sy tog haar klein varkies op eet ter wille van oorlewing. Die res van die plaas wag in spanning…
Moet hul nie keer nie-laat hul los-onder mekaar.
Jeugliga of ANC, hulle gebruik elke geleentheid om hul soos barbare te gedra.