ANC: ‘DA se besoek aan Nkandla soos apartheid’

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die DA-leier Helen Zille se beplande besoek aan president Jacob Zuma se tuiste in Nkandla is soortgelyk aan die klopjagte wat deur die apartheidsregering uitgevoer is, het die ANC in die Oos-Kaap gesê.

“Vir ons, en sekerlik vir president Zuma en sy familie, sal hierdie inval die tonele van onwettige arrestasie, teistering van swart mense en die inval van ANC-leiers se huise deur apartheid, weer opbring,” het die provinsiale ANC-woordvoerder, Mlibo Qoboshiyane, in ‘n verklaring gesê. “Meer spesifiek sal dit president Zuma herinner aan die teistering wat hy moes deurmaak gedurende die apartheidsera en spesifiek sy inhegtenisname naby Zeerust.” Die ANC in KwaZulu-Natal het Zille gewaarsku om van haar besoek aan Nkandla af te sien of moontlik deur te loop onder geweld van inwoners. Die DA het Donderdag aangekondig dat hy beplan om Nkandla te besoek waar opgraderings van nagenoeg R200 miljoen aan die gang is by Zuma se huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leslie ·

Wel, as die plek met belasting betalers se geld betaal was het hulle seker reg op die plek.
Hy is so oneerlik so vermoed ek ken hom nie en die anc is erger as hy
Helen Zille is goed, maar ek glo ‘n sterk manlike leier sal miskien beter kan doen, geen belediging teen oor die vrou bedoel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.