ANC die hoenders in oor vulgêre Afrikaanse volkslied by KFC

Die ANC in die Wes-Kaap het ʼn ondersoek geëis na die misbruik van die volkslied deur kunstenaars en besighede.

Dit volg ná ʼn voorval waarin ʼn vulgêre weergawe van die volkslied deur die voormalige “vuilbek-sanger” Shane McCallaghan vroeër die week oor die luidsprekers van ʼn KFC-tak in Kaapstad gespeel het. Die snit kom voor op McCallaghan se CD Sies jou vark.

“Die ANC doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle te distansieer van hierdie tipe onverdraagsaamheid en om saam te staan teen seksisme en rassisme,” het die provinsiale sekretaris van die ANC, Songezo Mjongile, gesê.

Die Cape Times berig Tariq Mellett het in die ry by die KFC in Buitenkantstraat gewag toe hy ʼn gewysigde weergawe van die volkslied oor die luidsprekers hoor. “Die liedjie bevat bewoording soos ‘Nkosi is ʼn d..s’ en ‘Mandela is ʼn f….n k…..’”, het hy gesê. “Ek en twee ander klante was stomgeslaan oor die vulgariteit en rassisme wat so openlik in ʼn gewilde gesinsrestaurant uitgebasuin word.”

KFC se provinsiale bestuurder Craig Davids sê die saak is na Yum Restaurante verwys. “Ons is besig om die sak te ondersoek, maar tot dan kan ek nie kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jeannie du Plessis ·

Daar is darem perke in alles, die feit dat elkeen regte het, gee jou nie die reg om ander van hul regte te ontneem nie.
Ek kan dink dat almal kwaad is hieroor. Hoekom nou sulke dinge doen, wat bereik hy, net eenvoudig niks want hierdie gaan teen ons ten en net meer haatspraak uitlok.
Ek neem ook die Bestuur kwalik, ek is seker die res van die liedjies is ook soortgelyk.

Maryke ·

Ek stem totaal en al saam met jou. Dit is tyd dat mense begind dink voor hulle doen. Ek vind sangers wat sulke common goed doen totaal en al afstootlik. Common wees en vloek omdat jy dink dat dit snaaks is, was nog nooit snaaks nie.

Mike ·

Maryke ek het nog nie die liedjie gehoor nie, ek sal ook dalk nie daarvan hou nie maar die probleem is, die president van die land sing liedjies met woorde soos “skiet die boere” en die “kabinet sal hulle jaag” en wat ookal. Ek verstaan as mense die landslied verdraai en verkrag want die president vra dan dat die mense van die land geskiet word.

Maryke ·

Waar is die dae toe ons op aandag gestaan het wanneer die Volkslied gespeel of gesing word! Dis ‘n skande!

Mike ·

Dit was die dae toe die volkslied vir die afrikaner wat op aandag gestaan het iets beteken het. Niemand sal op aandag staan vir ‘n lied wat vir hom geen betekenis inhou nie. Dit is ‘n lied wat nie aan die afrikaner behoort nie, nie deur hom geskryf is nie en ook nooit deur hom gerespekteer sal word nie.

Switch ·

Het julle nog nie geleer nie? Dis ‘n manier vir kunstenaars om aandag te trek en ‘n voet in die deur te kry. Hoe meer bohaai ons daaroor maak, hoe meer krag gee ons hulle. Ons maak hulle lekker ryk en bekend. Ons moet dit net ignoreer dan sal dit op hou met tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.