Die ANC gaan appèl aanteken teen regter Colin Lamont se beslissing dat die woorde “Dubul’ iBhunu (Skiet die boer) haatspraak is.
ʼn Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Jessie Duarte, het aan die E News kanaal gesê regter Lamont sê beslissing sal onmoontlik wees om toe te pas. Lamont het Maandag beslis dat die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sowel as ANC-ondersteuners nie weer die lied mag sing, in privaat of openbare hoedanigheid nie. Duarte het gesê AfriForum, wat die klag teen Malema aanhangig gemaak het, gebruik die Gelykheidshof om die land terug te neem na die tye van sensuur en dat hulle nasiebou ondermyn. Duarte het onder meer gevra hoe AfriForum sal voel as die Voortrekker Monument gekritiseer word, wat volgens haar afbrekend is teenoor swart mense. Sy sê daar word nie gekyk na liedjies wat Afrikaners sing nie. Duarte het gesê die ANC sal reeds Dinsdag begin voorberei vir sy aansoek om appèl.
Lees meer hier