ANC gaan ‘misbruik’ van Mandela-gedenkdiensfondse ondersoek

Oudpresident Nelson Mandela.

Oudpresident Nelson Mandela.

Die ANC het Sondag gesê hy gaan sy eie ondersoek van stapel stuur na bewerings dat staatsgeld wat vir oudpresident Nelson Mandela se gedenkdienste beskikbaar gestel is, wanbestee is.

“Ons gewete is bekommerd oor die bewerings, dat daar ten tyde van hartseer sulke beweerde gebeure kon wees,” het Mlibo Qoboshiyane, die ANC se hoof van verkiesings in die Oos-Kaap gesê. “Ons soek dringend antwoorde van die munisipale owerhede oor die geld wat spandeer is.” Die Saturday Dispatch berig dat ʼn senior ANC-beampte van die geld wat deur ʼn munisipaliteit beskikbaar gestel is om roubeklaers na gedenkdienste vir Mandela te vervoer, verduister het. Volgens die koerant is R5,9 miljoen aan ʼn plaaslike vervoermaatskappy, wat aan ʼn ANC-beampte verbind word, betaal. Die koerant beweer egter dat al die geld nie gebruik is om roubeklaers te vervoer nie en dat van die geld glo gebruik is om ANC-T-hemde te druk. Die adres wat op die vervoermaatskappy se faktuur verskyn is glo ook vals.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Babs ·

Hoekom moet daar altyd korrupsie, diefstal wees waar die ANC betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.