ANC gaan nie Malema se skorsing hersien nie

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee gaan nie die skorsing van Julius Malema, Sindiso Magaqa en Floyd Shivhambu hersien nie.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het dit Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie aangekondig ná die komitee Maandag lank daaroor vergader het.

Die ANC-Jeugliga het gehoop dat die ANC se topstruktuur dit vir Malema moontlik sal maak om na die party terug te keer. Maar die ANC het bevind dat daar geen oortuigende rede is vir ‘n hersiening van die skorsing nie en die jeugliga moet dit respekteer. “Daardie hoofstuk is nou afgesluit”, het Mantashe gesê.

Intussen het die jeugliga se nasionale uitvoerende komitee laat weet hulle gaan ‘n dringende vergadering belê om hieroor te praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.