ANC “hartseer” na moord op Moslem

Die ANC het Dinsdag gesê hy is hartseer dat ʼn man doodgemaak is weens onverdraagsaamheid.

“Die tipe rasse en godsdienstige onverdraagsaamheid is onaanvaarbaar in ʼn samelewing wat onvermoeid probeer om af te wyk van die juk van apartheid se nalatenskap van rassediskriminasie, en om ‘n getraumatiseerde nasie te genees. Misdade wat verband hou met rassisme, godsdienstige dwepery, xenofobie, en Islamofobie kan en sal nie geduld word nie.” Muhammad Fayaaz Kazi (27) van Ventersdorp is glo verlede week buite ʼn kitskosrestaurant aangerand nadat twee mans hom glo oor sy baard gespot en ʼn geveg uitgebreek het. Hy het later aan sy beserings beswyk. Twee mans in hegtenis geneem in verband met die moord en het reeds in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Onvanpaste, ongeskikte kommentaar. Moenie tot so ‘n lae vlak daal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.