“ANC het foute gemaak,” sê Mantashe

Gwede Mantashe

Gwede Mantashe

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag in Kaapstad gesê die party het foute gemaak, maar die land is steeds in ‘n beter toestand danksy die regering.

“Ek kan vir jou sê daar is ‘n baie eenvoudige rede waarom mense vir die ANC moet stem, en hierdie rede is ook waarom mense nie vir die ANC moet stem nie, en dit is omdat die land van 1994 af anders is,” het Mantashe gesê. “Ons het dit verbeter, ek kan dit met vertroue sê en dit is die een ding wat my trots maak.”

Hy sê die ANC het foute gemaak in die proses, maar het dié foute erken eerder as om weg te hardloop. Hy het toegegee dat die misverstand oor beleide oor MIV en Vigs in die verlede een van die grootste foute was.

Mantashe het by ‘n ANC-vergadering gepraat ná ‘n twee dae lange besoek aan die Kaapse Vlakte. Die Kaapse Klopse-organisasies en die Bruin Bemagtigingsbeweging (BBB) en ander belangegroepe het aan dié gesprek deelgeneem.

Die Kaapse Klopse-organisasie het gesê hulle het onlangs hul ondersteuning vir die Demokratiese Alliansie na die ANC verskuif. Ander individue het aangedui dat hulle die vergadering bywoon om te sien of hulle oortuig kan word om vir die ANC te stem.

Daar is glo ‘n konsensus dat bruin kiesers nagelaat is.

Mantashe sê daar is ruimte vir bruin kiesers in die regeringsparty. “Julle hoef nie vir daardie ruimte te vra nie, dit bestaan. Een ding wat ek nog altyd vir die Wes-Kaap gesê het, een ding wat my as persoon irriteer, is dat bruin mense hulself as ‘n minderheid beskou. Dit irriteer my die hele tyd,” het hy gesê.

Hy sê mense is altyd geskok om uit te vind dat die ANC sedert 1994 nie volle beheer het oor die provinsie nie. “Die Wes-Kaap het sedert 1994 nog nie ‘n vry Suid-Afrika ervaar nie. Die Wes-Kaap moet daardie vryheid beleef en die besluit neem – wat wil hulle daarmee doen?”

Mantashe sê ondersteuning vir die party is nie gelykstaande aan ‘n “gratis rit” nie. “Een ding wat ons nie gaan doen nie, is om geskenke aan die bruin mense te gee. Bruin mense moet hul rol speel en hul verantwoordelikheid verdien. Hulle moet dit onder ons almal verdien.”

Peter Marais, adjunkpresident van die BBB en ‘n voormalige burgemeester van Kaapstad en premier van die Wes-Kaap, het ook die vergadering bygewoon. Marais het gesê dit is net die groep wat in beheer staan wat die posisie van bruin mense kan verander. Hy het Mantashe vereer vir sy besware oor gelyke indiensneming tydens ‘n vorige vergadering en dat dit onlangs in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming gereflekteer het. “Die ANC het sy woord gestand gedoen en ek wil hulle daarvoor bedank,” het Marais gesê.

Die Cape Times het in Mei berig dat Marais op sy Facebook-blad geskryf het dat mense, wat vir die ANC stem, dom is. “Enige bruin of wit mens wat steeds die ANC ondersteun en vir hulle stem is soos ‘n mishandelde vrou wat dink dat, indien sy met ‘n man trou wat haar mishandel, hy daarmee sal ophou. Maar daar is natuurlik sulke dom vroue,” het hy glo op Facebook geskryf.

Hy het later aan die koerant gesê die party misbruik sy mag en diskrimineer teen sekere groepe.

Mantashe sê die ANC is ‘n organisasie wat vir enigiemand beskikbaar is, met ‘n duidelike fokus op dienslewering. “Dit is ons besigheid om te sê: ons kom, ons kom, ons kom. Ons gaan daardie huise bou,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Ag as mens dan nou so onnosel wil wees, en nie leer en sien wat in die hele land aan die gang is nie, moet so kieser maar die swaarkry verduur, daar is nie pille vir domgeit nie!

Hennie van der Merwe ·

Ek het nog nooit gesien dat JZ ‘n argument uit die vuis uit kan verdedig nie! Hy is altyd besig om stories van papier af te lees wat ander vir hom geskryf het. As hy sy mond oopmaak om sy eie storie te verkoop,is dit snert, en dan moet ander soos Mantashe en Kie ALTYD sy kastaings uit die vuur uitkrap! Die anc het nie net baie foute gemaak nie, hulle hele bestaan is “een groot fout”!

leon ·

Wat n grap. Het hulle al iets reg gedoen??? Nogal die land is in n beter toestand nou. He’ll kan mens so baie snert praat en dan glo die kaapse klopse hulle nog. Hulle is dan ook maar breinloos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.