“ANC het nie my stem nie” – Tutu

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu gaan glo nie in die volgende verkiesing weer vir die ANC stem nie.

“Ek het voorheen vir die ANC gestem, maar ek sal ongelukkig nie weer vir hulle kan stem ná die manier hoe dinge verloop het nie,” het hy in ‘n meningstuk vir die Prospect-tydskrif geskryf. Die Mail & Guardian het Vrydag dié stuk gepubliseer.

“Ek is nie ʼn lid van enige politieke party nie, maar daar is ‘n behoefte vir verandering in die land,” het hy geskryf.

Volgens Tutu het die ANC die land “baie goed” gelei in die stryd om vry te word van onderdrukking.

“Hulle was ‘n goeie vryheidsvegterseenheid, maar dit lyk nie vir my of so ʼn eenheid die oorgang kan maak om ‘n politieke party te word nie.”

Hy sê verder hoewel die land die vermoë het om een van die mees dinamiese lande in die wêreld te wees, het dit die ongelykste samelewing in die wêreld. Hy sê ook ʼn mens kan nie op die land trots wees met al die korrupsie en hoë vlakke van geweld nie.

“Om te sien hoe standaarde verswak is baie bitter. Dit gee skietgoed aan diegene wat sou sê ‘ons het julle gewaarsku dat, sodra die land ‘n swart meerderheidsregering het, ‘n sterk afname in standaarde gaan volg’.”

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elna in Sri Lanka ·

Arch. Tutu. Bewys my verkeerd asb. Die ANC gaan u voor 2014 – verkiesing besoek en u sal maar net weer vir hulle stem al sien en beleef u die onbevoegdheid, korrupsie en verval van SA.

H J Bester ·

Biskop Tutu is maar een van vele wie nie volgende jaar vir die ANC gaan stem nie. Die ANC het tot ‘n groot mate uitgebak geraak by baie Suid-Afrikaners. Die ANC gaan gewis volgende jaar tydens die algemene verkiesing swakker vaar as voorheen – ‘n tendens wat reeds in die verlede merkbaar was.

Biskop Tutu se bekentenis is merkwaardig want normaalweg is mense nie so uitgesproke oor ‘n verandering in hul oortuiging nie veral gesien dat hy ‘n openbare figuur is.

william ·

Biskop Tutu is skynheilig soos die res. Hy verlustig hom aan die ellende van die witman. Of hy nou vir die ANC gaan stem of nie is niksseggend. Hy is mede verantwoordelik vir die verval van hierdie eens florerende eerste wereld land. Hy is n kripto kommunis en n valse priester. Vir my part kan hy hel toe vlieg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.