ANC hof toe oor Tlokwe

Annette Combrink, burgemeester van Tlokwe-munisipaliteit

Die ANC sal die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag versoek om ʼn vergadering, waartydens die burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom), Maphetle Maphetle, ontsetel is, ongeldig te verklaar.

Die ANC wil hê die raadsvergadering, waartydens DA-raadslid Annette Combrink as burgemeester aangewys is, moet ongeldig verklaar word. Die ANC erken Combrink nie as burgemeester nie en sê Maphetle is steeds die burgemeester.

Combrink is op 2 Julie vir die tweede keer sedert November as die nuwe burgemeester aangewys.

Die ANC se tugkomitee in Noordwes het 14 van sy raadslede geskors wat teen Maphetle gestem het. Hulle is ook as Tlokwe-raadslede afgedank.

Die ANC het op 10 Julie hofdokumente op 48 Tlokwe-raadslede bedien. Die dokumente is op 26 ANC-raadslede, 19 DA, twee Vryheidsfront Plus en een Congress of the People-raadslid bedien.

Lees ook:
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Video: Oud-Potch-burgemeester weier om te ontruim
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.