ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit

Tebogo Ramashilabele

Raadslede van die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in Noordwes, wat deur die ANC gelei word, het die speaker, Tebogo Ramashilabele uitgeskop.

“Ons gaan Vrydag met die raadslede vergader om hul kant van die saak aan te hoor sodat ons agter die kap van die byl kan kom,” het Ishmael Mnisi, woordvoerder van die ANC, gesê.

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die munisipaliteit, wat ʼn setel in Mahikeng het, het gesê hy het Donderdag uit ʼn raadsvergadering gestap aangesien dit duidelik was dat die vergadering “op ANC faksie-belange fokus wat deur magsbehepte individue aangevuur word”. “Ons sal nie die ANC in hul ontwrigtende interne onderonsies bystaan nie,” het Jacqueline Theologo, DA-raadslid, gesê. “Aangesien die raad nie ʼn kworum vorm nie, sal alle besluite as onwettig geag word.”

Dit is die tweede munisipaliteit in Noordwes waar ANC-raadslede ʼn lid van hul eie party ontsetel het. ANC-raadslede het verlede week Maphetle Maphetle, burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom) uitgestem. Raadslid Annette Combrink van die DA is op 2 Julie vir die tweede keer sedert November 2012 tot burgemeester verkies.

Die ANC se tugkomitee in Noordwes het op 3 Julie 14 van sy raadslede geskors wat Maphetle uitgestem het. Die ANC hou egter vol dat Maphetle steeds die burgemeester is, aangesien die raadsvergadering glo onwettig was. Die party het ʼn aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien om die vergadering onwettig te verklaar.

Lees ook:
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Video: Oud-Potch-burgemeester weier om te ontruim
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.