“ANC is in eenheid” – Mantashe

Gwede Mantashe

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê Dinsdag se mediakonferensie is gereël weens die kru en vervreemde uitlatings deur sommige lede van die party, het EWN berig.

Mantashe sê die ANC se topleierskap is verenig, en hy het hom teen pogings om verdeeldheid en onenigheid te saai, uitgespreek. “Ons is besorg oor die vervreemde gedrag binne ons beweging wat in verskeie maniere manifesteer. Dit sluit kru stellings in die openbaar oor die afgelope paar weke in.” Mantashe het voorbeelde van dié stellings gegee. Hy het onder andere verwys na die argument tussen die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane Vereniging (MWMVA) en die ANC-jeugliga. MKMVA voorsitter, Kebby Maphatsoe het gesê die ANC kan Malema nie enige genade betoon vir sy dade nie wat gevolglik die regerende party se naam skade laat ly het. Hy het reageer op vrae oor Malema se onlangse uitlatings oor pres. Jacob Zuma. Malema het Vrydag tydens ʼn toespraak by Wits Universiteit na Zuma as ʼn diktator verwys. MKMVA het die ANC versoek om Malema met onmiddellike effek te verban. Geskorste woordvoerder van die jeugliga, Floyd Shivambu, het Dinsdag gesê daar is geen twyfel dat Zuma nie tydens die party se konferensie binnekort by Mangaung herverkies sal word nie. “Ek weet hy [Zuma] sal nie herverkies word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.