ANC-jeugliga glo ontbind

Die ANC het glo die ANC-jeugliga ontbind.

Die Business Day en SABC het albei Maandag onbekende bronne aangehaal wat sê die ANC se hoof uitvoerende komitee het dié besluit oor die naweek geneem.

Daar word ook berig dat die uitvoerende komitee van die Limpopo-provinsie ontbind gaan word en premier Cassel Mathale afgedank gaan word. Volgens die New Age het Limpopo se uitvoerende komitee nie in Desember by Mangaung vir president Jacob Zuma ondersteun nie.

Jackson Mthembu, die ANC se woordvoerder, het nie die gerugte ontken of erken nie. Hy het aan die media gesê ʼn perskonferensie sal Maandagmiddag gehou word om die sake te bespreek.

Ayanda Kasa-Ntsobi, die ANC-jeugliga se sekretaris, het aan die SAUK bevestig dat die liga ontbind is. Sy het ook gesê die liga gaan nie die besluit teenstaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Die ontbinding van die ANC-Jeugliga asook die Uitvoerende Komitee van die ANC van Limpopo is nie op hierdie stadium die beste reklame vir die ANC nie – gesien in die lig van die komende verkiesing gedurende 2014. Verder is daar ook woelige in die vakverbond Cosatu wat ‘n bondgenoot van die ANC in die regering is – ook ‘n verdere slegte verwikkelinge vir die ANC-regering. Hierdie gebeure gaan beslis ‘n nadelige invloed op die prestasie van die ANC in die volgende verkiesing hê.

Verder is daar ‘n opwaartse mars in die oposisie merkbaar en sal die invloed van dr Mamphela Ramphele se nuut te stigte party die ANC beslis nadelig tref. Alle oë kan dus op die ANC gevestig word wie na alle waarskynlikheid volgende jaar die swakste nog uit ‘n verkiesing sal kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.