ANC-jeugliga ontbind in vier provinsies

Die ANC-jeugliga se nasionale taakspan het die organisasie in vier provinsies ontbind.

Mzwandile Masina, die tussentydse president en sameroeper van die liga se nasionale taakspan, het Maandag in Johannesburg gesê die taakspan het besluit om die jeugliga in Limpopo, Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap te ontbind.

“Ons het met die takke in verbinding getree en seker gemaak die organisasie se strukture is hiervan in kennis gestel,” het Masina gesê.

Die taakspan het die agt provinsies besoek om na die strukture te kyk. KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Wes-Kaap se jeugliga is “hersaamgestel” en die taakspan sal help om dié streke te versterk.

Die taakspan is nog besig om die Gauteng-provinsie te evalueer en hulle beplan om binne die volgende sewe dae die Oos-Kaap te besoek.

“Ons het tot die slotsom gekom dat drastiese stappe gedoen moet word. Ons is daarvan oortuig dat die jeugliga swakker vaar sedert die nasionale uitvoerende komitee ontbind is,” het Masina gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Greg Smith ·

About time. Now they need to make the Youth League Illegal and stain it as a terrorist organisation.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.