Volgens die berigte het minstens 20 sakemanne al geld in die rekening inbetaal. Die ANC-jeugliga sê die media het geen bewyse van die beweerde transaksies nie en dat enigiemand wat bewyse het hiervan dit aan wetstoepassingsagente moet oorhandig. Die liga het ook gesê die trust is geen geheim nie. Malema het die naweek ʼn dringende aansoek voor die hof gebring in ʼn poging om die City Press te verhoed om die berig te publiseer.
ANC-jeugliga ontken Malema-berigte
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
So hoekom is dit dan ‘n “geheime familietrust” as dit volgens die ANCYL geen geheim is nei?