ANC-jeugliga ontken Malema-berigte

Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugliga het vandag tydens ʼn mediakonferensie ontken dat sy president Julius Malema by beweerde omkopery en tenderbedrog betrokke is. Dit kom na berigte oor die naweek dat Malema die trustee is van ʼn geheime familietrust waarin daarin glo geld inbetaal word om hulp met regeringstenders te kry.

Volgens die berigte het minstens 20 sakemanne al geld in die rekening inbetaal. Die ANC-jeugliga sê die media het geen bewyse van die beweerde transaksies nie en dat enigiemand wat bewyse het hiervan dit aan wetstoepassingsagente moet oorhandig. Die liga het ook gesê die trust is geen geheim nie. Malema het die naweek ʼn dringende aansoek voor die hof gebring in ʼn poging om die City Press te verhoed om die berig te publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.