ANC-jeugliga skuld glo miljoene

Die ANC-jeugliga kon nie Sondag ʼn berig dat hulle sowat R50 miljoen aan krediteure skuld bevestig nie.

“Almal haal ʼn bedrag aan maar ons probeer steeds vasstel hoeveel die jeugliga skuld,” het Bandile Masuku, woordvoerder van die jeugliga, gesê. “die bedrag kan minder of meer wees.” Die Sunday Times het Sondag berig dat die jeugliga R50 miljoen in die rooi is en sukkel om sy sake doeltreffend te bestuur. Masuku sê die jeugliga ontvang steeds versoeke vir betalings en is besig om planne te maak om sy krediteure te betaal. “Die organisasie word die afgelope ruk deur finansiële probleme geteister. Ons taak is om alle hulpbronne bymekaar te kry en met krediteure te skik,” het hy gesê. Die jeugliga skuld onder meer R15 miljoen aan University Events Management vir dienste gelewer gedurende die liga se 2008 nasionale konferensie in Bloemfontein. Die liga skuld ook ʼn onbekende bedrag aan Gallagher Estate vir hulle kongres in 2011, volgens die Sunday Times. Volgens die berig skuld die jeugliga ook R270 000 in regskostes nadat die liga se voormalige woordvoerder, Floyd Shivambu, ʼn joernalis ʼn dronkaard genoem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Roep Malema nader, miskien kan hy ‘n finansiele bydrae maak – hehehe !

H J Bester ·

Dis nie ‘n verrassing nie, maar nogtans tragies, dat die ANC(YL) soveel geld vir reeds so ‘n lang periode skuld.

Regdenkende mense kan eenvoudig nie vertroue in so ‘n politieke party hê nie en nog meer skokkend dat lede van so ‘n party verder deel is van die party wat die land regeer. Wat moet ‘n mens verwag van sulke regeerders ? Ons sien mos hoe word Suid-Afrika die afgrond in bestuur en verder bankrot gesteel by wyse van korrupsie en bedrog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.