ANC-jeugliga staar likwidasie in gesig oor R15 miljoen-kongres

ʼn Likwidasie-aansoek teen die ANC-jeugliga word Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Die jeugliga skuld glo nagenoeg R15 miljoen aan Z2 Presentations, wat handel dryf onder die naam University Event Management (UEM). Die liga skuld UEM glo dié geld vir sy nasionale kongres wat in 2008 in die Vrystaat gehou is, toe Julius Malema as president van die liga gekies is. Malema is sedertdien uit die liga geskors.

Die balju het glo al twee keer probeer om beslag te lê op die jeugliga se bates, maar kon niks vind nie.

Gwede Mantashe, hoofsekretaris van die ANC, het in ʼn beëdigde verklaring gesê die jeugliga se sake was “in skerwe en chaoties”.

Die EMU se prokureurs het aangevoer dat die Insolvensiewet van toepassing is, en dat as gevolg daarvan, die ANC-jeugliga gelikwideer kan word. ʼn Trustee moet aangestel word om vas te stel waar die jeugliga se bates was, want dit is ‘n organisasie met talle lede wat jaarlikse fooie betaal en skenkings ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

“Die balju het glo al twee keer probeer om beslag te lê op die jeugliga se bates, maar kon niks vind nie”.
Ons kon seker maar vir die balju vertel het hulle baat niks. In die termodinamika wetenskap word hulle as ‘Entropy boosters’ beskou. Dit geld oor die algemeen vir alle ANC’s en hulle organisasies.

“Gwede Mantashe, hoofsekretaris van die ANC, het in ʼn beëdigde verklaring gesê die jeugliga se sake was “in skerwe en chaoties”.”
Dit is basies die korrekte beskrywing van entropie. Die tempo van verval, oftewel die toename van chaos…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.