ANC-jeugliga swyg oor voorlopige sekwestrasie

anc-jeugligaDie ANC-jeugliga wou Vrydag nie kommentaar lewer oor ‘n berig dat die organisasie voorlopig gesekwestreer is deur die Johannesburgse hooggeregshof nie.

“Ons het eers Maandag daarvan te hore gekom. Ons het nie op die oomblik kommentaar nie,” het Bandile Masuku, woordvoerder van die ANC-jeugliga, Vrydag gesê.

BDLive het Vrydag berig waarnemende regter Tony Mundell het Maandag die uitspraak gelewer. Mundell het glo gesê belanghebbendes het tot 27 Januarie die geleentheid om hul kommentaar in te dien voordat die sekwestrasie finaal sal wees.

Die ANC-jeugliga word daarvan beskuldig dat hulle versuim het om nagenoeg R15 miljoen oor te betaal aan Z2 Presentations CC, wat handel dryf as University Events Management (UEM), vir sy nasionale kongres in 2008 in die Vrystaat, waar geskorste leier Julius Malema verkies is.

Die balju het glo twee keer probeer om beslag te lê op bates van die ANC-jeugliga, maar daar was geen bates beskikbaar nie. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het vroeër gesê die ANC-jeugliga het geen bates nie en geen fondse wat gelikwideer kan word om uitstaande skuld te delg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

Die ANC-Jeugliga se bankrot is die gevolg van swak administrasie vanweë onbevoegdheid. Verder het korrupsie, bedrog en diefstal definitief ook ‘n rol gespeel.

Laat dit ‘n les wees vir dié instansies wat geld gaan verloor – moenie weer krediet verskaf aan sulke twyfelagtige organisasies nie.

leon ·

Hoekom leen die vorige leier wat kool geplant het nie vir hulle die geld nie. Hy het sy eie rampokker party so hy het seker nog n oaar rand iewers weggesteek. Of het hy die jeug liga ook gevat vir apies.

Jasper ·

Daardie bates is duisende duur horlosies, iPhones,iPads en donkerbrille. Duur hotlle is ongelukkig nie n bate nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.