ANC-jeugliga wil met “regse” Sowetan vergader

Die rubriekskrywer Eric Miyeni

Die ANC-jeugliga sê hy sal binnekort met, wat hy noem die “regse” Sowetan-dagblad vergader, nadat die koerant een van sy rubriekskrywers afgedank het oor ʼn rubriek waarin hy die redakteur van City Press beswadder het.

Dit kom nadat City Press die naweek berig het oor die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se geldsake. Eric Miyeni het Ferial Haffajee, City Press se redakteur, daarvan beskuldig dat sy deur “wit kapitaal ontplooi is om onmin onder swart mense te saai”. Hy het haar verder ʼn “swart slang in die gras” genoem. Miyeni het die rubriek afgesluit met “na die hel met Haffajee en haar soort”. Miyeni vra in sy rubriek of City Press die bewerings wat hy die naweek oor Malema gepubliseer het self uitgedink het of op ʼn onwettige wyse bekom het. Haffajee het intussen bekendgemaak dat sy van voorneme is om Miyeni te dagvaar vir haatspraak. Miyeni is afgedank oor sy rubriek. Die ANC-jeugliga het intussen in ʼn verklaring gesê hy sal so gou as moontlik met die Sowetan vergader oor die afdanking van Miyeni. Die liga het hom geloof vir sy rubriek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.