ANC kap Max du Preez oor ‘maaifoedies’

Max du Preez. Foto: Facebook

Die ANC het die joernalis en politieke ontleder, Max du Preez skerp gekritiseer nadat hy die regerende party ‘maaifoedies’ genoem het op die sosiale netwerk, Facebook.

‎Du Preez het op sy Facebook-blad geskryf: “’n Ou ANC-kameraad stuur vanoggend vir my ‘n epos met groot woede oor die ANC en die Dalai Lama-debakel. ‘Sulke maaifoedies!’ seg hy – en wonder toe waar die lekker ou woord vandaan kom. Volgens Boshoff en Nienaber se Afrikaanse Etimologie van 1967 is dit – met permissie gese, en hou jou pietistiese ore toe – eintlik die Afrikaans vir die Amerikaanse skelwoord motherf*cker. Die wisselterm daarvoor is ‘moerneuker’. ‘Maai’ kom uit Maleis vir ‘moeder’, ook ‘moer’ in die ou dae. Die -foedie kom uit Portugees, foder (Frans foutre), volgens Boshoff en Nienaber se mooi eufimisme beteken dit ‘koitus verrig’. Die woord maaifoedie kom dus uit die ou Maleis-Portugees, ‘n taal wat die meeste slawe in SA in die 17de en vroee 18de eeu magtig was en wat ‘n sterk invloed op vroee Afrikaans gehad het. So ek se ook aan die ANC-leierskap vanoggend: Julle maaifoedies!”

Die ANC se woordvoerder, Jackson Mthembu, sê Du Preez behoort beter te weet as om dié tipe van woorde in die openbaar te gebruik en tot so lae vlak te daal. Hy sê Du Preez skuld die ANC en alle Suid-Afrikaners ʼn verskoning. Du Preez sê egter hy het bloot die betekenis van die woord verduidelik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.