ANC kla glo nog vier jeugligalede aan

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die regerende party het nog vier van sy jeugligalede daarvan aangekla dat hulle verdeelheid in die ANC saai en die party in oneer bring.

Die Mail & Guardian berig dat die jeugliga se adjunk-president, Ronald Lamola, die liga se sekretaris-generaal, Sindiso Magaqa, sy adjunk, Kenetswe Mosenogi en die tesourier generaal, Pule Mabe, saam met jeugligaleier, Julius Malema, en woordvoerder, Floyd Shivambu, dissiplinêr verhoor sal word. Volgens die Mail & Gaurdian is die berigte deur vier hooggeplaastes in die jeugliga aan hulle bevestig. ʼn Woordvoerder van die jeugliga, Magdalene Moonsamy, wou egter nie kommentaar lewer op die berigte nie. ʼn Woordvoerder van die ANC, Keith Khoza, sê hy probeer die berigte bevestig. Volgens die Mail & Guardian is die vier jeugligalede kort na Dinsdag se ANC mediakonferensie aangekla. Die ANC het verlede week aangekondig dat hy Malema en Shivambu op 30 en 31 Augustus dissiplinêr sal verhoor rakende hulle uitlatings oor Botswana. Die jeugliga het gesê dat hy ʼn span na Botswana sal stuur om regime verandering te weeg te bring. Die regerende party het woedend op die uitlatings reageer. Die jeugliga het om verskoning gevra vir die uitlatings en sy verklaring teruggetrek. Malema is verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy president Jacob Zuma gekritiseer is. Daar is destyds gesê indien Malema binne twee jaar skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke oortreding hy sy ANC-lidmaatskap sal verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.