ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste

Helen Zille tydens haar besoek aan De Doorns. Foto: SAPA

Die ANC in die Wes-Kaap het ʼn klag van aanhitsing tot geweld teen die Wes-Kaapse premier Helen Zille gelê en voer aan dat sy die onlangse onluste in die Wes-Kaap aangevuur het.

Songezo Mjongile, provinsiale sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Pierre Uys, provinsiale hoofsweep en Pat Marran, partyvoorsitter in die Boland, het die klag Woensdagmiddag by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie ingedien. Die gewelddadige betogings wat in die De Doorns begin en na verskeie ander dorpe oorgespoel het, het tot grootskaalse saakbeskadiging en die dood van twee mense gelei. Die ANC het Zille gekritiseer vir haar optrede en uitlatings op sosiale netwerke tydens die onluste. Zille het glo getwiet dat die betoging aangevuur is deur ʼn skeuring tussen seisoenale werkers van Lesotho en Zimbabwe. Die ANC sê Zille het ook gesê dat ʼn politieke agenda die oorsaak van die betogings was.

Zak Mbhele, Zille se woordvoerder, sê die premier is nie skuldig aan aanhitsing nie. “Niks wat die premier rakende De Doorns gesê het, was aanhitsing nie maar dat sy bloot die feite van die situasie weergegee het.” Cosatu in die Wes-Kaap het intussen ʼn beroep gedoen op die ANC en opposisiepartye om ʼn mosie van wantroue teen Zille in te stel.

Lees ook:
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirk J. Coetzee ·

Hoe lag Popeye van seilfaam nou weer? “ki…ki…ki…ki…ki…….!”

henry ·

The ANC are grabbing at straws. Stupid finger pointing while the East and West are sucking the continent dry from which only the corrupt elite benefit and the masses are played like pawns too stupid to realise that race has no impact on where you can go as a country, your attitude does. The few of us that want to make an honest day’s living are stuck in this mess with the most to lose, we can’t just get on a plane and leave, leave to where, this is our home too, our time and money gets spent here. Democratic? A civilised system for a savage land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.