ANC-lede sterf op pad na ANC-feesvieringe

Argieffoto

Argieffoto

Twee ANC-lede is Saterdag op pad na die party se herdenkingsfeesvieringe en bekendstelling van die ANC-manifes in Nelspruit oorlede, het die party Dinsdag gesê.

“Mahambule Greatwell Mngmezulu van Balfour is doodgery toe hy uit ‘n bus geklim het, wat ondersteuners na die stadion in Mbombela vervoer het,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, in ‘n verklaring gesê. ‘n Tweede persoon is beseer en by die Rob Ferreira-hospitaal behandel. Dié persoon is reeds ontslaan.

“Khetiwe Joyce Mdluli van Hazyview is in Themba-hospitaal oorlede. Sy is in die hospitaal opgeneem nadat sy eers van ‘n hoofpyn gekla en toe inmekaargesak het.” Sy het kos in Witrivier bymekaargemaak.

Mthembu het sy medelye betoon aan die familie en vriende van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.