Tollie Mashamaite, die ANC se streeksekretaris van Waterberg, is Sondag glo deur drie gewapende mans ontvoer en aangerand.
Brig. Mangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê Mashamaite is omstreeks 21:00 glo ontvoer nadat hy uit ʼn winkel gestap het. “Hy is in sy voertuig in gedwing deur drie onbekende gewapende verdagtes,” het Mulaudzi gesê.
Mashamaite beweer hy is na die Steiloop-omgewing geneem waar hy aangerand is. Die aanvallers het na bewering R6 000 en twee selfone gesteel voor hulle hom in sy voertuig se kattebak toegesluit het. Hy is Maandag vrygelaat toe ʼn verbyganger klopgeluide binne die kattebak gehoor het.
Die ANC in Limpopo het die aanval sterk veroordeel en hul leiers aangemoedig om paraat te wees as hulle in die provinsie reis.
Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.
Mashamaite is in Desember as die streeksekretaris verkies.
Die eff gaan dit nog baie doen. Hulle wil die leiers wees in elke gemeenskap. Plaas julle mekaar nou begin aanvat op die hoogste manier sodat SA n beter plek kan word as die meeste van julle nie meer hier is nie. Ons sal weer regeer, en dan sal dit met n yster hand wees.