ANC-leiers vaar uit oor gedrag

ANC-leiers het gister die “skokkende, beledigende, disrespekvolle en on-ANC-opmerkings” wat deur sommige in die party gemaak is, ten sterkste veroordeel.

“Die onbeskaamde en dikwels onbeskofte en disrespekvolle retoriek om afbreuk te doen aan die werklike kwessies wat ons jeug in die gesig staar, dra nie by om waarde toe te voeg tot die integriteit van die ANC en sy ligas nie,” het die sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, gister het aan verslaggewers in Johannesburg gesê. President Jacob Zuma, sy adjunk Kgalema Motlanthe, tesourier-generaal Mathews Phosa, nasionale voorsitter Baleka Mbete en adjunk sekretaris-generaal Thandi Modise het ook die mediakonferensie bygewoon. Dit volg op die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se uitlatings die naweek toe hy Zuma as ʼn diktator beskryf en gesê het die jeugliga word onderdruk. Mantashe sê die aanval op Zuma was ʼn aanval op die party. “Dit laat dit klink of ons nie vir onsself kan dink nie. Dit is nie ʼn leierskap van dwergies rondom ʼn diktator nie. Dit is ʼn belediging vir baie van ons.” Mantashe sê Malema se uitlatings sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.