ANC-LP gestraf na hy DA ‘poue’ noem

anc-logo-320x205Christian Martin, ANC-LP in die Oos-Kaap, is onder meer met ʼn maand se salaris beboet nadat hy na die DA as “poue” verwys het.

Martin het Sondag in ʼn verklaring gesê dat hy ook vir ʼn maand geskors is. Dit kom nadat Martin gevra is om die uitlating terug te trek maar geweier het en die saak na die provinsiale wetgewer se etiese komitee verwys is. Martin is aan “onparlementêre taalgebruik” skuldig bevind. Die uitlatings is in Oktober verlede jaar gemaak. “My uitlatings was nie op ʼn enkele individu gemik nie maar op ʼn enkele party naamlik die DA. Die DA wat hulself uitbeeld as die bewaarders van morele optrede en die morele maatstaf vir dit wat reg of verkeerd is in die politieke arena en samelewing in die algemeen. Dit is hoekom ek gesê het hulle gedra hulle soos poue.” Martin sê dit is ook die rede hoekom hy nie vir sy uitlating om verskoning sal vra of dit sal terugtrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willy ·

Eintlik ‘n kompliment. ‘n Pou is dan so ‘n mooi voël met die mooiste blou kop. Mis ek iets?

Talita Naude ·

So ek verstaan die persoon dink dat alles wat in die politiek gebeur moet sonder moreel en met ‘n hengse groot klomp ongeregtigheid geskied? Pragtig, dit beteken hy het die ANC as “moreelloos” uitgewys, dalk moet die ANC hom OOK aankla…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.