ANC-LP’s moet glo sekere wette stoomroller

anc-logo-320x205ANC-LP’s is glo beveel om wetsontwerpe wat die regerende party bevoordeel deur te druk en “omstrede wetsontwerpe” terug te hou voor volgende jaar se algemene verkiesing, berig die Sunday Times.

Volgens die berig is ʼn geheime dokument rakende die ANC se verkiesingsstrategie verlede week onder die party se LP’s versprei met dié opdrag. Die dokument gee LP’s glo instruksies oor hoe om die volgende paar maande in die parlement te werk te gaan, naamlik watter wetsontwerpe geïgnoreer moet word en watter deurgedruk moet word. Volgens die Sunday Times moet wetsontwerpe wat armes en die werkersklas gaan baat geprioritiseer word. Wetsontwerpe wat onder meer ongewild is by tradisionele leiers moet uitgestel word. Moloto Mothapo, ANC-koukus woordvoerder, het nie die bestaan van die geheime strategiedokument ontken nie. Hy het aan die koerant gesê die parlement is onder druk om belangrike wetsontwerpe voor die einde van die termyn te verwerk. Hy het egter ontken dat sekere wetsontwerpe deur die parlement gestoomroller sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Moloto Mothapo, ANC koukus woordvoerder : BLA Bla bla bla bla arf arf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.