ANC ondersoek Sedibeng-burgemeester wat glo dronk bestuur

Mahole Simon Mofokeng

Die ANC in Gauteng het gesê hulle gaan hul eie ondersoek van stapel stuur nadat Mahole Simon Mofokeng, Sedibeng se burgemeester, vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is.

“Die ANC neem kennis van die voorval en media berigte dat die burgemeester vermoedelik onder die invloed van alkohol bestuur het,” het die ANC in ʼn verklaring gesê.

“Die ANC beoog om sy eie ondersoek oor die beweerde voorval te doen en as daar enige waarheid in die gerugte is, sal die saak na die ANC se integriteitkomitee verwys word om te hanteer.”

Mofokeng is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy glo teen ‘n ander motor gebots het terwyl hy na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het. Hy het ʼn hotel in Vanderbijlpark verlaat toe die voorval plaasgevind het. Hy het Dinsdagaand agter tralies deurgebring en is Woensdagoggend op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy moet op 5 September weer in die hof verskyn.

In Februarie vanjaar het Mofokeng glo in ʼn kroeg geval en moes hy deur omstanders opgehelp word. Dan Manoeli, Mofokeng se woordvoerder, het destyds gesê dat hulle vermoed Mofokeng se drankie was gedokter.

Lees ook:
Eerste burger vas vir dronkbestuur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annatjie ·

Stop hom terug in die selle en gooi die sleutel weg. Ons kla oor die lands burgers wat dronk bestuur maar die Voor aanstaandes kom weg daarmee. Nee. Gooi die sleutel weg en vergeet van hom. Dalk word S.A. se dronk bestuurders wakker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.