ANC ontken dat hulle arm wittes as “handpoppe” gebruik

Die ANC in die Vrystaat het gerugte ontken dat hulle arm blankes as handpoppe gebruik om stemme vir volgende jaar se algemene verkiesing te werf.

Die Volksblad het Dinsdag berig dat meer as 100 armblankes toegelaat is om by die ANC se onlangse konferensie in die Vrystaat heel voor te sit.

Verskeie van die blankes het T-hemde gedra met president Jacob Zuma se gesig op, maar hulle het aan die koerant erken hulle weet nie wie die ANC se president is nie, en dat hulle net die konferensie bygewoon het om kospakkies te kry.

“Ek het nie eens geweet dat ons na ʼn konferensie toe gebring gaan word nie,” het een van die besoekers glo gesê.

Sandlana Smit, ʼn lid van die Vrystaatse premier se eenheid vir minderhede, het ontken dat die wit afgevaardigdes deel was van ʼn “huur-ʼn-witte-verkiesingstrategie”.

“Van die mense sou nie weet wie Zuma is nie, omdat hulle te arm is om toegang tot enige media te bekom,” het sy gesê.

Smit sê verskeie wit Suid-Afrikaners ondersteun die ANC, maar hulle sal dit nie aan die klok hang nie uit vrees vir viktimisasie.

Oupa Khaobane, die woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, het aan Volksblad gesê verskeie blanke Suid-Afrikaners het gekla dat die ANC hulle afskeep en dat die wit afgevaardigdes genooi is om die ANC se kultuur te ervaar.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

De Wet Momberg ·

Ten minste het hulle t-shirts en kos vir die dag gekry ! Hoeveel van hulle gaan ANC stem ? Ek dink meeste van hulle stem nie eers nie !

Melissa ·

Ek glo absoluut niks wat die ANC sê nie. Ek glo hulle sal enige iets doen om stemme te kry! Enige iets!

garrie kleinhans ·

ek was vir n oomblik verskriklik lus om n biki industrieele taal te praat (vloek) ,maar n politieke mafia wat so kan steel kan seker enigiets doen

Mike ·

Buiten die ANC se strategie hier wys dit ook die anderkant van die afrikaner en dit is dat hy steeds bereid is om te val vir lee beloftes en dat hulle maklik omkoopbaar is soos bewys is met die NP bewind en ook ander organisasies waarop ek eerder nie nou sal wil uitbrei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.