ANC-optog gaan steeds voort

Die ANC en sy alliansielede se optog na die Goodman-galery in Johannesburg gaan Dinsdag voort om teen die omstrede Zuma-skildery te betoog.

“Die alliansie sal belangrike aankondigings maak ná sy omvangryke interaksie met alle betrokke partye,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. Wayne Minnaar, woordvoerder vir die Johannesburg metropolisie, sê hulle verwag sowat 15 000 betogers.

Die City Press het intussen ingestem om die skildery van sy webwerf te verwyder, en die skildery hang nie meer in die Goodman-galery nie.

Betogers sal mekaar om 08:00 by Zoo Lake Park ontmoet en die optog sal omstreeks 10:00 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.