ANC-raadslid geskors oor uitskot-betoging

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC-raadslid Loyiso Nkohla is uit die party geskors ná sy betrokkenheid by betogings waartydens menslike uitskot gestort is.

Nkohla en Andile Lili, voormalige raadslid van die stad Kaapstad, is onder andere daarvan beskuldig dat hulle die ANC ʼn onreg aangedoen het. Hulle het betogers aangemoedig om uitskot op die trappe van die Wes-Kaapse Wetgewer en by Kaapstad se Internasionale Lughawe te stort.

Nkohla is glo vroeër drie jaar lank uit die party geskors nadat hy ʼn ANC-geleentheid, waartydens pres. Jacob Zuma ʼn toespraak gelewer het, ontwrig het. “Hy het homself nie ná sy vorige skorsing rehabiliteer nie,” het Faizel Moosa, voorsitter van die tugkomitee, gesê.

Lili se lidmaatskap is vir een jaar lank opgeskort op dieselfde aanklagte.

Volgens die tugkomitee het nie een van die respondente berou getoon oor hul aksies nie. “Hulle het onskuldig gepleit en gesê hulle het geen aanspreeklikheid teenoor enigiemand, veral nie die ANC, nie.” Hulle het geweier om verskoning te vra.

Die twee mans het 21 dae om teen die uitspraak te appelleer. -SAPA

Lees ook:
Vermeende uitskot-strooiers in die hof
Zille maak lys van “poefieprotes”-leiers bekend
Singende protes toe uitskot-storters nie borg kry nie
Nege in hof weens uitskot by lughawe
Ontlasting by lughawe uitgegooi
Ontlasting na raadslid se huis gegooi
“Poefiepolitiek” haal buitelandse media
Nuuskommentaar: Riooletiek
Ontlasting na Zille se bus gegooi
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit
Betogers blok N2-hoofweg
De Lille: Sommiges verkies emmertoilette
Kaapstad kry dalk ‘slim’ toilette

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.