ANC-raadslid se R900-seksoproep

Argieffoto

Argieffoto

ʼn ANC-raadslid van die Witzenberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap het glo tydens kantoorure ʼn agt en ʼn half minuut lange telefoonoproep na ʼn sekslyn gemaak, het Beeld Saterdag berig.

Die oproep het R900 gekos.

Kariem Adams, adjunk-burgemeester van die munisipaliteit, het aan die koerant gesê die raad het eers van die oproep uitgevind toe die munisipaliteit ʼn faktuur ontvang het. Die raad het ʼn transkripsie van die oproep ontvang.

Na bewering het Piet Waterboer, ANC-raadslid, die oproep in Januarie gemaak. Die raad het Woensdag die telefoonrekening ontvang. Waterboer is glo ʼn wyksraadslid in Prince Alfred Hamlet naby Ceres.

Adams sê Waterboer is nog nie geskors nie, aangesien tugprosedures gevolg moet word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Hy bevind hom nou in hogere geselkap en sal binnekort n kabinetspos kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.