ʼn ANC-raadslid is Dinsdag in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 13-jarige meisie verkrag het.
Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die meisie en haar vriendin het glo Saterdag terug huis toe geloop nadat hulle by ʼn sportgrond was toe die 45-jarige raadslid hulle ʼn saamrygeleentheid aangebied het. Die raadslid het glo aan die meisies gesê hy moet geld trek in Makapanstad waarna hy glo na Hammanskraal gery het en die geld daar getrek het. Hy het toe glo vir die meisies kos gekoop. Ngubane sê die man het beloof om hulle terug te neem huis toe. “Terwyl die verdagte besig was om te bestuur het hy die motor tot ʼn stilstand gebring en die meisie gedwing om saam met hom die veld in te gaan waar hy haar verkrag het. Die verdagte het glo hierna ʼn ent verder gery en die meisie weer verkrag.” Die meisies kon egter daarin slaag om te ontsnap. Die meisie se ma het Maandag die saak aangemeld. Die raadslid sal na verwagting Vrydag in die Themba-landdroshof verskyn.
EN DIT IS ONS LAND SE RAADSLEDE???? GOEIE DONNER…. WAT WORD VAN ONS LAND?????Gaan hy ‘n boete kry en LOOP? wat van die tannie wat VERKRAG IS NADAT HAAR MAN VERMOOR IS??? Wat gaan hulle aan daardie twee b@$#&*!s doen??? ‘n Boete en dan loop????