ANC reageer op Henke Pistorius se “rassistiese uitlating”

Henke Pistorius

Die ANC het Dinsdag in ʼn verklaring reageer op Henke Pistorius, Oscar se pa, nadat hy aan internasionale media gesê het die ANC faal om wit Suid-Afrikaners te beskerm.

Jackson Mthembu, nasionale woordvoerder van die ANC, sê die party verwerp met minagting die aantyging wat Henke gemaak het dat “die ANC-regering nie bereid is om wit Suid-Afrikaners te beskerm nie”.

“Die stelling is glad nie waar nie, en boonop is dit rassisties. Dit is jammer dat hy gekies het om dié tragiese voorval in ʼn politieke kwessie te laat ontaard, terwyl dit nog vars in die gedagtes is van die publiek en diegene wat daardeur geraak is,” het Mthembu gesê.

Mthembu sê verder hulle glo die Oscar-verhoor is nou in die bekwame hande van die gereg wat die saak objektief sal hanteer.

Volgens Mthembu verwelkom die party die verklaring wat die Pistorius-familie daarna uitgereik het om hulle van Henke se aantygings te distansieer. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

M Burger ·

Ai tog, is die man dan stupid!! As hy apartheid blameer het, was hy volgende week in die parlement en Oscar vrygespreek!!

Marlene45 ·

Die waarheid is nie altyd so lekker om te sluk nie! Daarom word dit so vinnig ontken, maar die statistieke kan nie lieg nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.