ANC-sakeman wil glo koerant vir R1 miljard dagvaar

'n Skermskoot van die berig soos dit aanlyn verskyn het.

‘n Skermskoot van die berig soos dit aanlyn verskyn het.

Independent Newspapers wou nie Saterdagoggend kommentaar lewer oor berigte dat ʼn sakeman verbonde aan die ANC beplan om die Sunday Independent vir R1 miljard te dagvaar nie.

“Ons gaan nie kommentaar lewer nie,” het Karima Brown, groep uitvoerende redakteur, Saterdag aan Sapa gesê. Regsverteenwoordigers vir die inligtingstegnologie-magnaat Robert Gumede het reeds hofstukke op die koerant beteken met ʼn kennisgewing van voorneme om die koerant te dagvaar in die grootste lastersaak in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, berig die Saturday Star. Volgens die hofstukke het ʼn artikel wat in die koerant gepubliseer is, vir Gumede “ernstige kommersiële en reputasieskade” veroorsaak. Die Sunday Independent het op 2 Maart ʼn artikel geplaas met die opskrif: “ANC funder probed.” In die berig word daar beweer dat Gumede se maatskappy, Gijima, ondersoek word in opdrag van president Jacob Zuma. Die berig beweer dat Zuma toestemming gegee het vir die spesiale ondersoekeenheid om ondersoek in te stel na ‘n tender wat deur die departement van landelike ontwikkeling aan Gumede se maatskappy toegeken is. Volgens hofstukke is die berig lasterlik en het die opskrif ten doel om sensasie te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Ai, wil een of ander koerant tog nie iets lasterliks oor my berig nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.