ANC sal glo Potch-kantoor ontruim

Annette Combrink, burgemeester van Tlokwe-munisipaliteit

Die ANC in die Tlokwe-munisipaliteit het glo ingestem om die burgemeester se kantoor in Potchefstroom te ontruim. Hulle het ook ʼn dringende aansoek vir verlof om appèl teruggetrek aangaande die hof se besluit rondom die ontseteling van die burgemeester, het die DA Woensdag gesê.

“Supra Mahumapelo, die voorsitter van die ANC in Noordwes, het my Dinsdagaand gebel en gesê Maphetle Maphetle en sy kollegas sal vandag [Woensdag] die munisipale kantore ontruim en die hofaansoek onttrek,” het Chris Hattingh, die DA se provinsiale leier, gesê.

“Ons sal wag en sien of dit regtig gaan gebeur.”

Die dringende hofaansoek was aanvanklik geskeduleer om Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor te word. Die hooggeregshof het Maandag ʼn aansoek van die ANC, om ʼn vergadering waar Maphetle ontsetel is, ongeldig te verklaar, van die hand gewys.

Lees ook:
ANC skop vas in Potch
Tlokwe: ANC verloor hofaansoek
Tlokwe hoor vandag dalk oor burgemeester
ANC hof toe oor Tlokwe
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Video: Oud-Potch-burgemeester weier om te ontruim
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

frikkie ·

So probeur hulle maak soos mugabe, demokrasie werk net terwyl hulle 66% het, wanneer dit onder 50% val dan begin die burgeroorlog, dan moet daar met hofbevel van hulle ontslae geraak word, wan dan is die demokrasie rassisties

Seg Net ·

Hierdie en verkiesings bedrog sa toeneem hoe nader ons aan die verkiesing kom. Wat help die vertragings taktiek noe eindelik die ANC. Al wat dit vir ons seg is dat hulle onverantwoordelik is en nie volwasse genoeg is om die bestuur van ‘n gebied te behartig nie, wat nog te seg die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.