ANC se aansoek om verlof tot appél teen “Skiet die boer” slaag

Die ANC se aansoek om verlof tot appèl teen die “Skiet die boer” haatspraak beslissing, was suksesvol.

Die aansoek is Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Die ANC het Woensdag bekendgemaak dat hy die hoogste hof van appèl in Bloemfontein wil nader oor die saak. Die party het gesê alternatiewelik verwag hulle dat ʼn vol regbank van die hooggeregshof die aansoek moet aanhoor. Regter Colin Lamont het die woorde “Skiet die boer” vroeër as haatspraak verklaar en gelas dat die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en sy ondersteuners nie dié woorde in privaat of openbare hoedanigheid mag gebruik nie. Die ANC sê die appèlaansoek teen die beslissing het ten doel om die regerende party se geskiedenis en erfenis te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.