ANC sê mosie van wantroue teen Zuma is ‘publisiteitsfoefie’

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die ANC het die DA en ander opposisiepartye se mosie van wantroue in president Jacob Zuma as ʼn ‘desperate, indien nie verspotte, publisiteitsfoefie deur ʼn groep aandagsoekers; afgemaak.

Die Mail & Guardian berig dat Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementere leier, Donderdagmiddag die mosie namens die DA, ACDP, Azanian People’s Organisation, Cope, die Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty aan die Nasionale Vergadering voorgehou het. Redes vir die mosie sluit onder meer die Marikana-tragedie, die omstredenheid rondom Zuma se tuiste in Nkandla, die handboek-sage in Limpopo en die probleem van toenemende werkloosheid in. Volgens die berig is dit egter onwaarskynlik dat die mosie suksesvol sal wees aangesien dit deur meer as 50% van die Nasionale Vergadering ondersteun moet word ten einde te slaag. Die ANC beheer steeds twee derdes van die parlement en sommige ANC-lede sal dus ten gunste van die mosie moet wees om dit deur te voer.

Die ANC sê in ʼn verklaring dit is ‘onaanvaarbaar dat hierdie instelling (die parlement) se tyd moet vermors word weens sulke moedswillige gedrag van die opposisieleiers wat duidelik nie hierdie instelling ernstig opneem nie.’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leslie ·

Dit het al van tevore gebeur,die anc weet self nie meer wat aangaan nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.