ANC sê Obama moet toekenning verwerp

President Barack Obama Foto: Pete Souza, whitehouse.gov

Die ANC het gesê die Amerikaanse president Barack Obama moet nie die stad Kaapstad se Vryheid van die Stad-toekenning aanvaar nie.

“Vir ons is dit niks anders as afleiding nie en ek dink dit sal jammer wees as Obama ʼn toekenning ontvang van ʼn stad wat nie omgee vir sy armstes van die armstes nie,” het Songezo Mjongile, die sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, aan die Cape Times gesê.

Burgemeester Patricia de Lille het glo besluit om Obama en sy vrou, Michelle, te vereer in erkenning van hul inspirerende voorbeeld. Die Obama-egpaar besoek Senegal, Suid-Afrika en Tanzanië van 26 Junie tot 3 Julie om “ekonomiese groei, beleggings en handelsbande” te versterk.

De Lille se voorstel is in Mei tydens ʼn raadsvergadering goedgekeur met 128 raadslede wat ten gunste daarvoor gestem het, 58 wat hul stemme weerhou het, en vier wat daarteen gestem het.

De Lille het gesê geen reëlings is sover getref om die toekenning aan die Obamas te oorhandig nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lourens Groenewald ·

April 2010 is ek gevra deur Solidariteit Helpende Hande om Pres Zuma en sy senior ministers, tydens `n besoek aan `n wit plakkerkamp langs die Zandfontein Begraafplaas, Kamp Bethlehem, toe te spreek. Die ANC het beloftes gemaak en 2 jaar later is daar nog niks behalwe dat baie plakkerkamp inwoners se staats-toelaes gekanselleer is omrede sekere amptenare reken daar`s genoeg donasies vir die mense, elektrisieteit is afgesny en mense word gedwing om te hervestig na gebiede waar daar geen of min infrastrukture is. In Engels se hulle; It`s like the pot calling the kettle black!?” Armoede het geen respek vir ras, kleur of status nie, meneer die ANC. Die oplossing? `Deernis, empatie, simpatie en pro-aktiewe ondersteuning. Lourens Groenewald (ex-hawelose)

JB ·

Ja, en waar die ANC probeer regeer is daar “beslis” nie armste van die armste nie! Hul bly maar ‘n grap!!!

alleman ·

Die DA gee beswaarlik minder om vir die armes as die ANC, so daardie aanklag is vals.
Maar die DA se verering van Obama die ‘drone bomber’ is immoreel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.