ANC se Twitter-veldtog boemerang

proudly 1Die ANC het in reaksie op die DA se buitelug advertensieborde, “E-tolls proudly brought to you by the ANCʼn Twitter-veldtog van stapel gestuur in ʼn poging om te spog met die “goeie dinge” wat die party al gedoen het, maar moet nou op sy neus kyk nadat dié poging geboemerang het.

Die veldtog het vinnig in ʼn sirkus ontaard toe gebruikers met die veldtog se hutssleutel, #ProudlyBroughtByANC, die spot begin dryf het met die regerende party. Dié hutssleutel was een van die gewildstes vir die dag.

Hier is ʼn paar van die gewildste twiets:

@EricJWest2h: “ʼn Geldeenheid wat die swakste presteer van al die “ontluikende” markte! #ProudlyBroughtByANC”

@DrBrack: “Min dinge beskryf ‘onselfsugtige struggle’ soos ʼn afkap-Mercedes Benz. #ProudlyBroughtByANC.proudly 2

@Sentletse: “Suid-Afrika is onder die Afrika-lande met middelmatige menslike ontwikkeling, selfs laer as disfunksionele Libië. #ProudlyBroughtByANC

@jjonker42: “Die e-tolstelsel gaan lei tot inflasie, werksverliese, hoër rentekoerse, armoede en hopelik ʼn verandering in die regering.#ProudlyBroughtByANC

Selfs ʼn gekskeerprofiel van die voormalige Springbok-afrigter, Peter de Villiers, skerts: “Ek as die beste breier ooit! #ProudlyBroughtByANC

Nuwe twiets met dié hutssleutel stroom steeds in, maar ondanks die negatiewe reaksie, het die ANC Woensdag gesê hulle is tevrede met veldtog. “Mense wat gelukkig is met dit wat die party tot dusver gedoen het, twiet oor die sukses,” het Khusela Sangoni-Khawe, die ANC-jeugliga se woordvoerder, aan SAPA gesê. “Dit is te verstane dat daar ook mense is wat ongelukkig is, maar ons glo die veldtog is ʼn sukses.”

Kort ná Sangoni-Khawe se uitlating, is dit gevolg deur ʼn twiet van @HumanIPO18m wat sê: “ʼn ANC wat tevrede is met ʼn Twitter-veldtog ondanks negatiewe kommentaar. #ProudlyBroughtByANC


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans ·

Mzubanzi
You look like somebody with the following attitude :
“I love my new car, house, job, spare money which i got because i am a previously disadvantage soul even before i was born until even today. Imagine, no do not imagine it it is the truth i had to do nothing, i just got all these nice things from the whites because i am categorise as disadvantage even if i am having all my body parts 100% intact. There can no party be better than the ANC which gives me all these wonderfull things for my own opersonal life. This is what I call a great country to live in. I know that South Africa infrastructure will last for at least another 5 years or less, that there is no more proper education at schools, murders is increasing year on year, that corruption in government and also other places is like a cancer that’s spreading daily to consume South Africa. But I don’t care as long as I can ride the wave of destruction.”

Your pathetic excuses indicates to me that you must be disadvantage.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.