ANC sê wittes moet ook Jeugdag vier

Argieffoto: citrusheights.net

Judy Tshabalala, ANC-LP, het haar kommer uitgespreek dat wit jongmense van Jeugdag feesvieringe uitgesluit voel.

Tshabalala het tydens ʼn jaarlikse parlementêre debat oor Jeugdag, wat jaarliks landswyd op 16 Junie gevier word, bekend gemaak, het Beeld Woensdag berig.

Volgens Tshabalala is daar al hoe meer bewyse wat daarop dui dat wit jongmense uitgesluit voel.

“Ons versoek dat die wit jeug by alle patriotiese en aktivisme-gebeurtenisse ingesluit sal word,” het Tshabalala gesê. “Ons het nie ons jeug van die boeie van apartheid bevry om onself net weer in verskillende kampe op te deel nie. Ons is ʼn baie uiteenlopende gemeenskap, maar ons is almal Afrikaners, en ons moet die idee, dat ons verskillende statusse het, vernietig.”

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flash ·

Edele gedagte geagte Judy.
Net jammer julle ANC rassite sluit ons jeug by alles uit, maar wil nou hê ons moet saam met julle hooligans die vryheidstamboere slaan. Dit terwyl ons geen vryheid het en onsself agter mure en tralies teen julle barbare moet beskerm.
Julle BBBEEE drakoniese wette en sogenaamde transformasie laat geen plek of geleenthede vir ons jeug toe nie. Die dat hulle in hulle hordes hulle aansienlike talente elders aan die wêreld gaan aanbied.

Laat my dink aan skydsregter Jafta wat Saterdag herhaaldelik aan die Bulls gesê het as hulle naby die Cheeta doellyn kom: “Use it or loose it!” wanneer daar ‘n losgemaal ontstaan het terwyl Bulle op pad was om drieë te druk.
Dan gee hy die bal aan die Cheetas.
Julle twee is seker familie of hoe?

HELENA SEABORNE ·

o my goodness, di skynheilige etters. kruip lekker gat want dis mos weer amper verkiesings tyd

Ina ·

Ha-ha VET GRAP !!!!!!!!!!!! Hulle roof en moor ons uit, nou moet ons saam hulle dans!!!!!! Hulle gooi nie net bollies nie maar praat dit ook goed.

Gemsbok ·

Ek twyfel dat sy sou gesê het dat ons almal Afrikaners is.

Volgens ander media het sy gesê dat ons almal Afrikane is.

Daar is ‘n klein verskil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.