ANC skop vas in Potch

Maphetle Maphetle weier glo om sy kantoor to ontruim.

Maphetle Maphetle, die ontsetelde burgemeester van die ANC in die Tlokwe-munisipaliteit, en van sy kollegas weier glo om die munisipale hoofkantoor in Potchefstroom te ontruim sodat die DA kan intrek.

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag ʼn aansoek van die ANC, om ʼn vergadering waar Maphetle ontsetel is, ongeldig te verklaar, van die hand gewys.

Regter Neil Tuchten het Maandag bevind dat die raadsvergadering waar Maphetle ontsetel is, wettig was. Regter Tuchten het ook bevind dat Maphetle se besetting van die burgemeester se kantoor onwettig is.

DA-raadslid Annette Combrink is op 2 Julie vir die tweede keer sedert November as die nuwe burgemeester aangewys na ʼn mosie van wantroue teen Maphetle ingedien en aanvaar is. Die ANC se tugkomitee in Noordwes het daarna 14 van sy raadslede geskors wat teen Maphetle gestem het. Hulle is ook as Tlokwe-raadslede afgedank.

Combrink het Dinsdag gesê die ANC het ʼn aanduiding gegee dat hulle teen Maandag se hofuitspraak gaan appelleer, en daarom weier hulle om die hoofkantoor te ontruim.

Combrink het gesê hulle het die balju van die hof geskakel wat tans na die kantoor onderweg is.

Lees ook:
Tlokwe: ANC verloor hofaansoek
Tlokwe hoor vandag dalk oor burgemeester
ANC hof toe oor Tlokwe
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Video: Oud-Potch-burgemeester weier om te ontruim
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willy ·

Hulle sal die mag maar moet oorgee. Hulle predik mos net van demokrasie wanneer dit hulle pas.

Nico ·

Dis wat veronderstel is om te gebeur, maar hulle sal nie bes gee nie. Dis asof hulle net geen respek het vir reg en geregtigheid nie. Die regsbank is net goed in hulle oë solank uitsprake ten gunste van hulle is. Anders is dit rassisties. Hulle voel natuurlik baie gekrenk omdat dit ‘n blanke is wat betrokke is. Dan word blankes as rassiste gebrandmerk. Patetiese klomp parasiete!

Sarie van Niekerk ·

Daar is net een manier om hulle uit die kantore te kry. Gooi hulle met geweld uit! Dit is mos die enigste taal wat die ANC ken, geweld

Henrietta Klaasing ·

Ek is seker dr Combrink en kie gaan rustig voort met vergaderings en planne om beter diens te lewer – sy sal haar nie steur aan vanuit watter “kantoor” sy haar werk doen nie. Mens kan selfs van onder ‘n boom beter diens lewer as sommiges wat in diep in die sagte kussings sit ….

Paul ·

As jy hierdie ouens wil slaan dat hulle neuse bloei, dan moet jy hulle gat skop. Dit is wat nou hier moet gebeur. Netnou land daar weer ‘n antie met ‘n lugmag helikopter om betyds te wees vir middagete. Moer hulle DA!!!

leon kaltwasser ·

Regso. Nou moet daar verkiesings gehou word om die vakatures te vul. As mens die nuusberigte volg lyk dit of die ANC werklik besig is om uitmekaar te val. Of is onse kiesers regtig so dom om weer vir hul te gaan stem?

Jackie ·

Hulle volg Zimbabwe se tiran se voorbeeld. Dit is seker, die DA gaan nie nonsens vat nie…. Die hof het hulle tot 10:00 vanoggend gegee om die kantore te ontruim. Dit is minagting van die hof, is dit nie????

Nico ·

Komaan balju, sleep die vetgat aan sy stink pote daaruit en kry tog net klaar! Almal hum-en-ha net en doen niks, groei vir jou ‘n ruggraat asseblief! Boewe wat die hof minag moet onmiddelik teen opgetree word, nou dadelik. Of is jy ‘n anc gatlekei?

Piet. ·

Kan hulle nie net die kantoor toesluit, die telefone en Internetverbinding ontkoppel en die krag na die kantoor afskakel nie ? Laat hulle daar in hulle eie sop gaarkook. Ek betreur dit dat die regter nie gelyk met die beslissing uitspraak gegee het dat hulle vir elke dag, of gedeelte van ‘n dag, wat hulle die kantore beset, vir 30 dae tronk toe moet gaan nie ! Dit sou weer baie tyd en moeite bespaar het.

pieter ·

Gooi die goed daar uit want hulle kan net een ding oordentelik doen en dis steel so moer hulle daar uit sodat die mense wat wil werk werk

pieter ·

Die DA moet die deur afskop en hulle goed in die straat gaan gooi want hulle het geen respek vir die hof nie dis hoekom ons land so in sy moer is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.