ANC skors Tlokwe-raadslede

Die ANC in Noordwes het die skorsing van 14 van sy raadslede van die Tlokwe-munisipaliteit verwelkom nadat ʼn mosie van wantroue teen die ANC se burgemeester ingedien en aanvaar is.

Die besluit om die raadslede te skors is Woensdag tydens ʼn vergadering van die provinsiale dissiplinêre komitee gemaak. “Ons glo dat die uitkoms van die dissiplinêre verhoor as ʼn leerproses sal dien aan kamerade wat die organisatoriese prosesse en die ANC probeer ondermyn,” het Gordon Kegakilwe, die party se waarnemende provinsiale sekretaris, in ʼn verklaring gesê. “Die ANC sal nie swak dissipline van sy lede duld nie en sal alles moontlik doen om die waardigheid, beeld en integriteit van die party te herstel.” Die raadslede se skorsing kom nadat prof. Annette Combrink, DA-raadslid, Dinsdag weer tot burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit verkies is na ʼn mosie van wantroue teen die ANC se burgemeester Maphetle Maphetle. Combrink is in November verlede jaar ook tot burgemeester verkies na ‘n mosie van wantroue te midde van ANC-verdeeldheid. Maphetle is egter in Februarie weer tot burgemeester verkies nadat die ANC ‘n mosie van wantroue teen Combrinck ingestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Nou kan enigiemand asseblief vir my verduidelik waar kom demokrasie in. Enige persoon het mos die reg om vir enigiemand te stem en vrye politiek te beoefen. Is dit nie wat demokrasie beteken nie. Die woordeboek se immers demokrasie is ‘n regeringsvorm waarby die hoogste gesak by die volk berus!! Is dit nie presies wat hier gebeur het nie. Die volk (in die geval die raadslede) het besluit wie hulle voortaan wil he om Potchefstroom te regeer en hulle het hul demokratiese stemreg gebruik om dit te doen. Nou word hulle geskors want hulle het nou die ANCin oneer gebring. Ek het nie besef die ANC het nog ‘n eer en waardigheid wat aangetas kan word deur ‘n demokratiese besluit nie. Is dit nie juis wat die einste ANC teen die vorige regering gehad het nie, dat die regering vir die volk besluit het hoe om die land te regeer nie. So van wanneer af het die woord demokrasie se betekenis verander na een van diktatorskap en Kommunisme, want is dit nie maar wat die ANC hier toepas nie. Ek wens al 14 raadslede het nou die moed in hulle om uit die ANC te bedank en oor te loop na die DA toe, dit sal ‘n lieflike boemrang vir die ANC wees! Sterkte Potchefstroom

#skaammyvirflash4 ·

@Flash4: Jy weet, dis opmerkings soos joune waarvoor ek regtig skaam kry. Jy gee die nasie ‘n slegte naam. Jy is defintief deel van probleem en nie die oplossing.

Eerstens: Klim sommer dadelik van jou gelowige perd af en hou op om jouself te regverdig deur geloof af te dwing op jou swak politiese dink jy maak ‘n korrekte poging van ‘n standpunt. Jy is seker nog deel van die ou regime en maak die lewe regtig moeilik vir vandag se jeug.

Tweedens: Wie is jy om te sê dat almal beheer word deur demoniese beheer. Jou standpunt is in swak smaak en jy behoort jou te skaam om so te oordeel.

Derdens: Vandag se jeug is regtig siek en sat vir alles wat op rassisme en geloof geblameer word. Dit geld van alle rasse se kant af. Die geveg vir regverdigheid, gelykheid en geen korrupsie is klaar moeilik genoeg. Ja ons almal weet alles word nie reg beheer of bestuur nie, maar dis die situasie waarin ons onself vandag bevind. Hou jou kant skoon. Almal weet ook die wiel sal draai eendag en regverdigheid sal geskied. Maar nou moet ek hier staan en hoor hoe ‘n mal tannie haar politiese standpunte probeer regverdig of verdedig deur te sê maar “hulle word deur demone beheer!!!” So as jy jou normes en waardes wil afdwing op die wêreld wees darm bereid om dit in goeie smaak te doen. #gaanklimteruginjougrotmetjouagterstandsetonnelvisie

Flash ·

Eerstens: As enige iemand dink die ANC is demokraties, dink weer. Die enigste rede waarom hulle demonkrasie (nie spelfout) ondersteun het was om met getallegeweld die beheer oor hierdie wonderlike land te steel en met demone te behou. Hulle ondersteuners is onnosel genoeg om hulle vir baie lank aan beheer te hou want enige regdenkende word onmiddelik as blanke meeloper gebrandmerk en afgesny as een of ander defek, swakkeling of anti-revolusioner.
Tweedens: Die ANC ondersteuners, inderdaad die oorgrote meerderheid swart mense, is so rassisties en onder demoniese beheer (aanbidding van afgestorwenes se geeste) dat hulle in vrees en bewing is om ooit die ANC teen te gaan.
Derdens: Die oorgrote swart meerderheid is onwillig om in te sien dat die blankes deur al die jare probeer het om goed aan hulle te doen, hulle te ondersteun en te lei na vooruitstrewenheid, onafhanklikheid om aldaar in hulle eie soewereine grondgebiede hulle eie taal, kultuur en belange te bevorder.
Die skrif wat lees dat jy goed doen aan die goddelose maar hy haat jou daaroor kom onwillekeurig op…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.