ANC soek nuwe Grondwet

Die ANC oorweeg drastiese veranderings aan die Grondwet, soos om weg te doen met die “sonsondergang-klousules” en die magte van die Reserwebank en dié van provinsies te wysig.

City Press is in besit van die konsepbeleidsdokumente wat glo Maandag aan die ANC se takke vir bespreking uitgereik sal word in aanloop tot die party se beleidskongres in Junie. In die dokumente voer die ANC glo aan dat die Grondwet van 1996 geskik was vir ʼn “politieke oorgang” maar intussen onvoldoende geblyk het vir maatskaplike en ekonomiese transformasie. Die sonsondergang-klousules hou grootliks verband met die eienaarskap van grond en private eiendom.

Ander kwessies wat in die dokument bespreek word sluit glo in:

– Die beginsel van Ubuntu word bekendgestel in die skoolkurrikulum
– Mense met MIV/vigs moet by die owerhede geregistreer word.
– Die instelling van verpligte gemeenskapsdiens vir alle gegradueerdes
– Die voortgesette implementering van ‘n Media-appèltribunaal
– Die bekendstelling van ‘n SEB-kode vir die gedrukte media sektor

Die ANC sê ook dat grondwette “lewende dokumente is wat die stadium van ontwikkeling van ‘n gegewe samelewing weerspieël,” het die City Press berig. Die party bevraagteken ook of hy steeds na homself kan verwys as ‘n bevrydingsbeweging teenoor ‘n politieke party.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Izak van Zyl ·

Ek wonder of ons wittes al besef het dat die skrif vir ons vryheid is aan die muur. Om ons tot howe te wend raak ‘n remedie wat besig is om ook uitgeput te raak. Die regbank is alreeds in transformasie. Op veiligheidsgebied is daar een remedie oor, naas oorlog. Dit is om netwerke te skep om onsself, ons vrouens en ons kinders te beskerm….binne die raamwerk van die gemene regtelike noodweer. Ons eie gebrek aan kennis van die magte van ‘n burgerlike was tot dusver die grootste rede waarom soveel mense slagoffers van sinnelose moorde geword het sedert 1994. Die vraag is: as die intensiteit en felheid van brutale aanvalle gaan toeneem, is ons gerat daarvoor, of gaan ons moedeloos verslae voor oop grafte staan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.