ANC stil oor Cederberg-munisipaliteit

Die ANC in die Wes-Kaap wil nie kommentaar lewer oor bewerings van korrupsie by die Cederberg-munisipaliteit alvorens ‘n ondersoek afgehandel is nie. “Ons is bewus van verskeie sake en bewerings wat nou ondersoek word,” het Phillip Dexter, woordvoerder van die ANC in die Wes-Kaap, gesê. “Die ANC sal verseker dat sy lede en raadslede in dié ondersoek met die owerhede saamwerk.” Hy sê die ANC het met tugprosesse begin. Die Valke het Sondag gesê hulle het beslag gelê op rekenaars en selfone van die Cederberg-munisipaliteit as deel van hul ondersoek na korrupsie in die munisipaliteit. “Die klopjag is Vrydag uitgevoer,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Die Demokratiese Alliansie het gesê die Valke se ondersoek kom ná die party in Cederberg ‘n dokument aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gestuur het om haar oor “verskeie sake van korrupsie en wanbestuur” in te lig.

Maroela Media het in Februarie berig die burgemeester van die munisipaliteit, Jonas White, word ondersoek nadat hy glo pornografiese foto’s aan sy adjunk gestuur het. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.